Online Bible

Indien jy al ooit in jou lewe ernstig besig was met Bybelstudie, het jy beslis al die frustrasie beleef om te weet van 'n sekere vers wat iewers in die Bybel staan, maar nie te weet waar om hierdie vers op te spoor nie. Die logiese oplossing vir hierdie probleem is om 'n konkordansie aan te skaf, wat meeste van die woorde in die Bybel lys, tesame met die Skrifverwysings waar dit gevind kan word. Maar so 'n konkordansie is duur en werk ook net met een spesifieke Bybelvertaling.

Die Online Bible is die antwoord op hierdie probleem. Met twee en veertig verskillende Bybelweergawes (onder andere 13 in Engels, 2 in Afrikaans, Grieks en Hebreeus), elk met sy eie, unieke konkordansie, en daarby ingesluit allerlei hulpmiddels soos Bybelse woordeboeke, temastudies, kommentare en nog baie meer, kry jy materiaal ter waarde van ongeveer $3000 (meer as R25000), alles op een CD wat gemaklik op 'n tuisrekenaar werk.

Die Online Bible is oorspronklik in Kanada ontwikkel en is die vinnigste, mees gebruiksersvriendelike en ongetwyfeld die goedkoopste program van sy soort wat enige plek in die wêreld bekom kan word. Gebruikers van die Online Bible sluit in teoloë, predikante, pastore en duisende ander Christene, wat almal hierdie program gebruik as hulpmiddel vir hulle navorsing oor die Bybel. Die program is selfs ingesluit in die amptelike kurrikulum van sommige teologiese skole, sodat studente reeds van vroeg kan leer om die program doeltreffend te kan gebruik.

Die prys? Die program, met al die hulpmiddels is gratis! Die enigste koste verbonde aan die program is tantieme op drie van die ingeslote vertalings (NIV en die twee Afrikaanse vertalings), die vervaardigingskoste van die CD en posgeld. Die totale koste vir die CD is dus slegs R250. In teenstelling met ander, soortgelyke (en duurder) programme, is daar geen verskuilde koste verbonde aan die Online Bible nie. Jy hoef byvoorbeeld nie te betaal om sekere vertalings te ontsluit nie. Alles wat op die CD is, is tot jou beskikking teen die eenmalige bedrag van R250. Selfs opgraderings tot die CD is gratis. Die Online Bible is ons diens aan die Christengemeenskap om hulle te help om hulle kennis rondom God en sy Woord teen 'n bekostigbare bedrag, uit te brei.

Indien jy meer inligting wil hê rondom die Online Bible of as jy graag die CD wil bestel, besoek dan ons tuisblad by: http://www.cmn.co.za/html/onlinebible.htm of kontak my direk met spesifieke vrae: wyngaard@lando.co.za