SWAZILAND CONFERENCE OF CHURCHES

Die Christelike kerke in Swaziland behoort oor die algemeen aan een van drie ekumeniese liggame, naamlik die Swaziland Council of Churches, die Council of Swazi Churches en die Swaziland Conference of Churches (SCC). Aan die SCC behoort die evangeliese kerke, soos die Church of the Nazarene, Free Evangelical Church, Swaziland Reformed Church, en heelwat meer.

Deur middel van die SCC kry ons die geleentheid om die evangelie oor die radio en televisie te verkondig. Die SCC was ook verantwoordelik vir die oprigting van die Mbabane Church Youth Centre, wat nie alleen slaapplek bied aan Christelike groepe nie, maar selfs oor skool-, sport en vergaderingfasiliteite beskik.

Vir baie mense wat Swaziland besoek en van 'n beperkte begroting afhanklik is, bied hierdie fasiliteite 'n gemaklike bed en smaaklike kos teen 'n bekostigbare prys.

Ev. Philemon Gama van die Swaziland Reformed Church, staan reeds vir baie jare aan die hoof van hierdie sentrum. Om slaapplek te bespreek by die sentrum, kan hy direk gekontak word by (09268) 404-2176.


 

Een van die groot projekte waarby die Swaziland Conference of Churches betrokke is: Die Mbabane Church Youth Centre

 

 

Philemon Gama, evangelis in die Swaziland Reformed Church en opsigter by die Mbabane Church Youth Centre

Keer terug na "Ekumeniese Bande"