SOS Dorp - Nhlangano

'n Tyd gelede is daar aangekondig dat Swaziland meer as 30000 Vigs weeskinders het. Dikwels woon hierdie kinders op hulle eie, sonder enige volwasse toesig, omdat die sogenaamde "uitgebreide familie" (oumas, tantes, ens) dikwels reeds oorlede is of anders vir soveel ander mense moet sorg, dat hulle nie nog kinders kan versorg nie.

Dudu Dlamini, wat as maatskaplike werker opgelei is by Turfloop en wat ook 'n lidmaat van die Swaziland Reformed Church is, het 'n visie gehad dat daar iets gedoen moet word aan die lot van hierdie kinders. Sy is in diens van die Swazilandse regering as maatskaplike werker met wie sy haar visie gedeel het. Sy is opdrag gegee om haar droom uit te bou en na baie jare se harde werk, het haar droom 'n realiteit geword toe 'n pragtige dorpie in Nhlangano in die Shiselweni gebied opgerig is, waar behuising aan 100 weeskinders in tien pragtige huise, elk met 'n opgeleide huismoeder, gebied word. Ander fasiliteite sluit 'n basiese kliniek en 'n kleuterskool in.

Waar die Here vir ons 'n visie vir Kinderbediening gegee het, sal die Swaziland Reformed Church beslis maniere ondersoek om aktief betrokke te raak in die bediening van hierdie kinders.

Indien u belangstel om meer inligting te verkry oor hierdie projek, kan u vir Dudu skakel by (09268) 608-5030.

 

 

Dudu Dlamini, die breinkrag agter die SOS Dorpie

Een van die tien huise in die SOS Dorpie waar tien weeskinders, onder die beskerming van 'n huismoeder, gehuisves word

Die kleuterskool in die SOS Dorpie waar die kleiner kinders daagliks kan speel en leer